Somtyds is die lewe maar blou, soos in kommin, partykeer is dit blou, soos in depressing. Soms is dit maar net ‘n kleur wat baie dinge kan beteken en dan is daar gewoonlik ‘n storie om te vertel.
Bietjie meer oor Ella:
Ek is ‘n joernalis en ‘n nomaad. Ek het die laaste ses jaar in drie provinsies, vier dorpe en sewe huise gebly, tog werk ek al jare in dieselfde job. Ek het onlangs die see verruil vir die wynland en leer elke dag iets nuut.
Ek is van nature sinies en alhoewel ek noodwendig ‘n realis moet wees in my werk, is ek steeds ‘n romantikus.
Ek sou graag ‘n dop saam met jou wou drink hier in die wynland in die tweede oudste bar in die land, maar ek weet nie lekker waar is die bar nie
By: Sonkind on February 9, 2010
at 3:56 nm